Share your Recipes, Photos and Ideas with us

Submit your party food ideas and photos to:



mailto:superpartyfood@kidspartydirectory.co.za



Sunday, April 18, 2010

Verjaarsdag partytjie - tema - Tea Party

Hi, hiermee foto's van my driejarige Nicola se verjaarsdag partytjie - tema - Tea Party.

Ek het die oulike Cupcake koek idee van julle site gekry. Dit het wonderlik gewerk want jy sit nie agterna met klomp stukke halfgeëte koek nie. Wat ook baie goed gewerk het is die boksies wat ek by die koek neergesit het waarin elke ma hul kind se oorskiet kos kon inpak voor hul huis toe gegaan het. 

My idee het gekom van die feit dat dogtertjies mal is daaroor om tee te drink en dametjies te wees. Ek het so ver moontlik probeer om te bly by dogtertjies van haar ouderdom en tot net 10 kindertjies.  

Dankie vir julle site, dit maak van elke ma 'n klas 1 ma. Veral ons op die platteland wat nie daagliks toegang tot allerhande nuwe goed het nie.

Christene Botha - Namibia Suid


No comments:

Kids Party Directory's Fan Box